Beskerm jou wins en verminder jou risiko’s met spoormineraalvoeding

Dit is belangrik om te verstaan hoe spoorminerale werk en dat ‘n goedgebalanseerde spoormineraalprogram van uiterse belang is om optimale produksie in die kudde te verseker. Spoormineraalvoeding moet net soveel aandag geniet as wat die ander bestuursprogramme op die plaas ontvang.

Spoormineraalvoeding is in elke fase van die dier se lewe noodsaaklik, selfs van voor die dier se geboorte. ‘n Dier se immuunstelsel, groei, produksie, en reproduksie word deur die inname van spoorminerale beïnvloed. Die gewone spoormineraalabsorpsieroete kan deur ‘n verskeidenheid van faktore beïnvloed word, soos antagonistiese interaksies (hoë ystervlakke kan byvoorbeeld die opneembaarheid van sink, koper, en mangaan verminder), wat verhoed dat noodsaaklike spoorminerale in die dier se liggaam opgeneem kan word. Daar bestaan ‘n ingewikkelde verhouding tussen die dier se voeding en die immuunstelsel.

‘n Tekort aan een of meer van die spoorminerale sal die immuunstelsel van die dier nadelig beïnvloed. Daar word van die immuunstelsel van die dier verwag om ten alle tye gereed te wees en om vinnig te reageer en te werk sodra daar ‘n immuunuitdaging of strestoestand voorkom, sonder om die produksie van die dier te beïnvloed. As die immuunstelsel optimaal funksioneer sal daar minder voedingstowwe nodig wees vir die immuunstelsel om immuunuitdagings of stres te weerstaan, wat beteken dat daar meer voedingstowwe beskikbaar sal wees vir die groei en produksie van die dier.

Van die spoorminerale wat ‘n belangrike funksie in die immuunstelsel van die beeskudde verrig is sink, koper, mangaan, en kobalt. Sink is ‘n sleutelkomponent in meer as 300 ensieme wat noodsaaklik is vir epiteelweefselintegriteit, selverdeling en -herstel, vervoer en gebruik van vitamien A, en dit speel ook ‘n belangrike rol in die immuunrespons. Koper is noodsaaklik vir die immuunstelsel en vir hoefintegriteit, asook vir die sintese van kollageen en elastienvesels wat struktuur en elastisiteit bied aan bindweefsel en bloedvate. Mangaan is ook nodig vir immuunfunksie asook wondgenesing en is betrokke by die groei en ontwikkeling van die skelet van jong diere. Kobalt is weer belangrik vir rumenfunksie en die sintese van vitamien B12, wat nodig is om rooibloedselle te produseer en om die senuweeweefsel te onderhou.

Om ‘n effektiewe immuunstelsel te verseker, het Zinpro ‘n oplossing in die vorm van Availa® 4. Availa-4 bied hoogs beskikbare sink, koper, mangaan en kobalt, wat die opneembaarheid van die spoorminerale verseker en dus ook die prestasie van die dier sal verbeter. Deur komplekse organiese spoorminerale te gebruik, word risiko verminder deur te verseker dat die noodsaaklike spoorminerale met die aminosuurabsorpsieroete in die dier se liggaam opgeneem word. Dit bied die dier die geleentheid om van twee verskillende absorpsieroetes gebruik te maak, wat sal verseker dat die dier die nodige spoorminerale ontvang en sodoende optimaal kan produseer.

Die insluiting van Zinpro Performance Minerals® in die kudde se spoormineraalvoeding- of aanvullingsprogram, sal elke lewensfase van die dier bevoordeel, van voor geboorte tot groei, produksie, en reproduksie. Zinpro Performance Minerals® soos Availa-4 sal ‘n leeftyd se prestasie vir die dier verseker, wat die produksie en winsgewendheid van die kudde sal verbeter. Gebruik Zinpro Performance Minerals® vir ‘n leeftyd van sukses.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *