Winsgewende vleisbeesproduksie met Zinpro organiese minerale

VeeplaasFebruarie2013
Die noodsaaklikheid van spoorminerale met betrekking tot vrugbaarheid, immuniteit en algehele produksie uitsette is alombekend. Van groter belang vir beide die kommersiële en stoetboer egter is die bydrae wat addisionele supplementering in welke vorm ookal tot die winsgrens lewer. Met heersende marktoestande kan geen produsent bekostig om enige bymiddels in rantsoene in te sluit wat nie verhoogde opbrengs verseker nie.Zinpro Performance Minerals® in samewerking met Chemuniqué streef daarna om aan die eindprodusent organiese spoorminerale te voorsien wat goed nagevors is, voortsettende en herhaalbare resultate lewer, verhoogde boerdery opbrengs waarborg en algehele gemoedsrus verseker. Zinpro spoorminerale vind sy toepassing in verskeie aspekte van vleisbeesboerdery waar dit strategies aangewend word om maksimale opbrengs te verseker.

Koei en kalf produksiestelsel

Availa® 4 word aanbeveel in die oorgangsperiode (30 – 60 dae voor kalf) tot met aanvang van die dekseisoen teen 7g/dier/ dag
  • In ‘n proef deur Stanton et al.(2000) met 300 Angus koeie het die supplementering van Zinpro organiese spoorminerale (Availa®4) beide konsepsie en GDT by kalwers verhoog (P< 0.05).
  • Jong Braford koeie wat molasse gebasseerde lekke met Availa®4 ontvang het het verhoogde reproduksietempo asook verkorte kalfintervalle getoon (P< 0.05) in die daaropvolgende 2 jaar na supplementasie (Arthrington & Swenson , 2005).
  • Tydens ‘n reeks proewe onder leiding van Dr. Stanton van Montana State Universitiet het vleisras verse vanaf 60 tot 30 dae voor kalwing tot met die begin van die dekseisoen Availa® 4 ontvang en tot met 150 dae na supplementasie steeds ‘n verhoogde koperstatus getoon in teenstelling met diere wat aanvulling in anorganiese vorm of geen aanvulling ontvang het nie (P< 0.05). Availa® 4 aanvulling het ook die immuniteit van die verse verbeter deurdat teenliggaam vlakke (P= 0.03) verhoog is. Verse se anestrus periode is verder met 10 dae verkort (P=0.05) terwyl melkproduksie verhoog is met 1.68 kg/dag/koei. Daar is 63% minder diarree gevalle aangeteken vir kalwers van die verse wat Availa®4 aanvulling ontvang het.

(Download full article)

All posts

Chemuniqué empowers feed and food producers with the most innovative animal performance solutions, enabling our clients to consistently advance the efficiency of production.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *