Organiese spoorelement prestasiebonus

Veeplaas-Mar-12

Die afgelope jaar het ons hard gewerk om sperdatums te bereik om die prestasiebonus te behaal! Dit is weer daardie tyd van die jaar waar ons nuwe planne vir die komende jaar moet maak en ander maniere moet soek om volgende jaar se bonus te bereik.

Hoe gereeld kyk u na die skape en beeste op u plaas en wonder u of hulle die prestasiebonus gaan haal? Vir hulle om te bereik wat ons van hulle verwag, moet ons seker maak dat dit wat ons insit, hulle gaan toelaat om optimaal te presteer. So waar begin ons?

Sukses-eienskappe

Die eienskappe van organiese spoorelemente help om vas te stel of die eienskappe doeltreffend gaan wees om by die prestasiebonus te bereik. Die eienskappe is hoofsaaklik oplosbaarheid, stabiliteit, absorpsie en die heel belangrikste, diereprestasie.

Organiese spoorelemente verskil in hul chemiese struktuur en het verskillende chemiese eienskappe om die verlangde uitwerking te hê. Om dus die effek van organiese spoorelemente op prestasie in beeste of skape te verstaan, sal help om ’n ingeligte besluit oor die gebruik daarvan te neem.

’n Organiese spoorelement is ’n voedingsbestanddeel wat ’n metaal bevat wat aan ’n ligand verbind is. Hierdie ligand vergemaklik die deurgang van die spoorelement deur die rumen en verhoog die absorpsie deur die ingewande. Die ligand beskerm ook die spoorelement teen antagoniste wat andersins aan die vrye metaal sou bind en dit onbeskikbaar vir absorpsie sou maak.

Koop vir prestasie

Terminologie vir verskillende organiese spoorelemente kan verwarrend wees met die gebruik van terme soos chelaat, proteïenaat en kompleks. Daar is nie ooreenstemming oor hierdie terminologie nie. Die enigste manier om op die doeltreffendste organiese spoorelement te besluit, is om na goeie navorsing en herhaalbare diereprestasieresultate te kyk.

Hoewel die chemiese eienskappe van ’n doeltreffende spoorelement belangrik is om die struktuur en eienskappe te verstaan, gee dit net insig op die verwagte prestasieresultate. ’n Mens se koopkrag van watter organiese spoorelement is om te gebruik, moet slegs op diereprestasie gegrond wees. Dit maak nie saak hoe sterk die verbinding, hoe klein die ligand of hoe beter die biobeskikbaarheid is nie, as dit nie ’n ekonomiese effek (terugbetaling) oplewer nie, is daar geen rede om die produk te voer nie.

Positiewe reaksie

Vaktydskrifte is ’n goeie verwysing om inligting bymekaar te maak oor organiese spoorelemente. Dit is belangrik om nie aan te neem dat prestasieresultate van een organiesespoorelement-kategorie of -maatskappy dieselfde gaan wees nie, want hulle gaan verskillende resultate lewer. Die eindresultaat om ’n doeltreffende organiese spoorelement te identifiseer, is jou diere se positiewe reaksies.

Zinpro en Chemuniqué is verbind om die prestasiesukses in jou beeste en skape te verbeter deur goeiegehalte-spoorelementaanvullings. Dit sal die doel van die prestasiebonus haal. Praat gerus met jou voedingkundige of voerverkoopsagent oor Zinpro Performance Minerals®.

(Download Advertorial)

All posts

Chemuniqué empowers feed and food producers with the most innovative animal performance solutions, enabling our clients to consistently advance the efficiency of production.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *