Optimale voordeel vir jou voerkraal

Veeplaas-May-11

Aanvullings met doeltreffende spoorminerale is beslis iets om te oorweeg vir optimale prestasie in jou voerkraal.

Vir optimale prestasie het groeiende beeste ʼn voldoende balans van dieetvoedingstowwe nodig. Dit sluit in proteïene, energie, spoorminerale en vitamiene. Namate die druk op beter prestasie toeneem, word dit noodsaaklik om aan spoormineraalvereistes te voldoen.

Sink for prestasie

Sink is noodsaaklik vir die funksionering van ensieme wat produksieparameters en die gesondheid van voerkraaldiere beïnvloed. Sink funksioneer ook as kofaktor vir meer as 200 ensieme.

Daar is al bewys dat marginale sinktekorte ʼn invloed op produksie het. Prestasieverliese word opgemerk lank voordat enige tekorte op weefselvlak opgespoor word. Indien ʼn tekort aan sink tydens die opstoomfase voorkom, sal kalwers meer vatbaar raak vir patogene wat siektes veroorsaak, wanneer hulle die voerkraal betree, vanwee die rol van sink in immuunreaksies.

Sinkvlakke in voer

Sinkvlakke in voer is gewoonlik laag wat ook tot sinktekorte in kalwers kan lei wanneer hulle na die voerkraal beweeg. Navorsing het bewys dat kalwers se voeromsettingsvermoë aansienlik daal wanneer sinkaanvullings uit hul dieet verwyder word en die enigste bron van sink dié van die voer is teen sewentien dele per miljoen. ʼn Wesenlike verlangsaming in gewigstoename en immuunrespons is ook gemerk.

Tydens die afrondingsfase het sinkmetaalamino-suurkompleks deurgaans ʼn verbetering in GDT, voedseldoeltreffendheid en karkasgehalte getoon.

ʼn Opsomming van 22 voerkraalproewe het ʼn konsekwente respons getoon. Die respons het op verskeie plekke, beeste, rantsoentipes, seisoene en weerstoestande voorgekom. Die vlak van sink in kontrolediëte het gewissel, maar die minimum was 119% van die NRC-aanbevelings. Die byvoeging van ʼn sinkmetaalaminosuurkompleks in ʼn voerkraaldieet het GDT aansienlik verbeter (+3,26%).

Verbeterde tegnologie wat deur die Zinpro-korporasie ontwikkel is, het gelei tot Availa®Zn. Dié nuwe-generasieproduk is ʼn gepatenteerde metaalaminosuurkompleks in ʼn 1:1-verhouding van metaal tot aminosuur.

Produkeienskappe sluit in uitstekende biobeskikbaarheid, rumendeurvloeigehalte en konstante verbetering in prestasie.

Availa®Zn bied voerkrale aansienlike kostebesparing deur middel van doeltreffende voordele in die gepatenteerde vervaardigingsproses.

Zinpro en Chemuniqué is verbind tot die verbetering van die spoormineraalstatus van jou voerkraaldiere om beesvleis meer doeltreffend te produseer.

Praat met jou voedingkundige of voerverkoopsverteenwoordiger oor die insluiting van Zinpro Performance Minerals® in die aanvullings vir jou vleiskudde.

Figuur 1: Marginale sinktekorte verlaag prestasie
Figuur 2: Proefopsomming: Verbeterde groei

Marginalesinktekorteverlaagprestasie

ProefopsommingVerbeterdegroei

(Download Advertorial)

All posts

Chemuniqué empowers feed and food producers with the most innovative animal performance solutions, enabling our clients to consistently advance the efficiency of production.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *