Navorsingsresultate uit die bees se bek

RPOApril14

Vandag se beesprodusent en voedingkundige het ‘n wye verskeidenheid mineraalaanvullings om van te kies. Hoe onderskei ‘n mens dan die kaf van die koring en waar word watter aanvullings gebruik? Die antwoord is eenvoudig – konsulteer met jou beeste, want diereprestasie is die enigste onfeilbare maatstaf van spoormineraalprestasie.

Die Zinpro-bul vra: 7 g Availa-4® per dag vir 60 tot 90 dae voor die dekseisoen en semen-evaluering, want spermmotiliteit is die belangrikste meting van semengehalte wat bulvrugbaarheid beïnvloed. Die Zinpro-bul gee: In ‘n studie op vleisrasbulle aan die Universiteit van Arkansas (Rowe et al., 2014)1, is die effek van spoormineraalaanvulling op semengehalte ‘n tydperk van 123 dae met behulp van rekenaargebaseerde spermontledings gemeet. Beeste het drie maal per week ‘n lek ontvang met spoorminerale in anorganiese vorm of ‘n mengsel van organiese en anorganiese minerale. Die organiese spoormineraalaanvulling was Zinpro Availa-4® gevoer teen 7 g per kop. In ‘n ander studie deur Alexander et al., 20032 het bulle vir 98 dae of Availa-4® ontvang of spoorminerale in anorganiese vorm. Semengehalte in albei studies het noemenswaardig verbeter.

(download full article)

All posts

Chemuniqué empowers feed and food producers with the most innovative animal performance solutions, enabling our clients to consistently advance the efficiency of production.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *