Vrugbaarheid wat wérk

Veeplaas-aug-11

Reproduksie-prestasie is een van die belangrikste faktore wat ’n suiwelkudde se winsgewendheid affekteer. Bevestiging van dragtigheid is belangrik, want laktasie en inkomste hang daarvan af. Reproduksieprobleme soos verlengde kalfintervalle, mag lei tot vroeë uitslagting en derhalwe verlaagde langslewendheid, minder melk en minder kalwers per koei per jaar.

Voeding is ’n sleutelkomponent van suksesvolle reproduksie. Net so is spoorelemente belangrik vir die bevestiging van en volhoubare dragtigheid in koeie. Verhoogde beskikbaarheid van spoorelemente voor konsepsie/dragtigheid, sal ’n positiewe uitwerking hê op reproduksie-prestasie na kalwing.

aug11f1Wat sê die wetenskap?

Navorsing het getoon dat spoorelemente in die vorm van ’n aminosuurkompleks meer beskikbaar is en beter deur die dier se liggaam opgeneem word as standaard anorganiese bronne.

’n Opsomming van sewentien studies het getoon dat die meer biobeskikbare formaat van Zn, Mn, Cu en Co in Zinpro Performance Minerals®, koeigesondheid verbeter en ’n positiewe uitwerking het op reproduksie:

  • 13 minder dae oop.
  • 0,3 minder dekkings per konsepsie.
  • 5% eenheidstoename in persentasie koeie dragtig 150 dae na kalf.

Koeie het baie beter gereageer op oorgangstres soos teruggehoue plasentas. Dit was ook duidelik in die vinnige herstel na normale funksionering van die reproduksie-organe en hervatte reproduksie-aktiwiteit soos hitte.

Nog ’n studie het getoon dat die voer van Zinpro Performance Minerals® voor kalf, boonop die koei se vatbaarheid vir na-kalwingsiektes soos mastitis en metritis verlaag.

Mankheid en vrugbaarheid

Mankheid kan ook ’n invloed op vrugbaarheid hê, deurdat konsepsietempo verlaag en gevalle van eierstoksiste toeneem. Koeie met kliniese mankheid (gewoonlik met erge hoefprobleme) het teen dertig dae na kalf ’n 58,9% afname in konsepsietempo getoon, ’n
125% toename in eierstoksiste en ’n 8,2% afname in dragtigheidspersentasie (480 dae na kalf ). Die mees merkbare waarneming was egter dat 30,8% van die koeie wat tydens die eerste 30-dae laktasie mank was, uitgeslag is voordat enige reproduksie-gedrag
aangeteken is, vergeleke met die uitslagting van 5,4% koeie wat nie mank was nie.Die voorkoms van hoefletsels en mankheid is aansienlik verlaag deur aanvulling met komplekse sink, mangaan, koper en kobalt. Koeie met swak hoewe en bene is geneig om
sagte, gemaklike lêplekke te soek. Hierdie plekke is dikwels ook vuil. Verhoogde stres weens mankheid, kan aanleiding gee tot koeie met swakker immuunstelsels; hierdie kombinasie kan weer lei tot ’n toename in mastitisgevalle.

Die regte bestuur

Mankheid, infeksie, hittestres en die nie-beskikbaarheid van spoorelemente kan koeie se vrugbaarheid betekenisvol affekteer en tot vroeër en onnodige uitdunning lei. Bestuurstrategieë moet voorsiening maak vir koeigemak, die ondersoek en naspeuring van die oorsake en nawerking van mankheid en die voorkoming van mastitis. Spoorelemente speel ’n sleutelrol in die voorkoming van mankheid en mastitis, asook die instandhouding van reproduksie.

’n Goed-geformuleerde eetplan wat hoogs biobeskikbare spoorelemente insluit tydens die droë- en laktasieperiode, help om te verseker dat jou koeie voldoende spoorelementvlakke handhaaf en dat daar aan hulle voedingsvereistes voldoen word.

Availa®4 is gerugsteun deur breedvoerige navorsing wat toon dat die produk vrugbaarheid positief affekteer en ’n goeie opbrengs op jou belegging oplewer.

Vra gerus vir Zinpro Performance Minerals® en verseker verbeterde prestasie en winsgewendheid in jou kudde. Praat vandag nog met jou voedingkundige of verkoopsverteenwoordiger.

(Download Advertorial)

All posts

Chemuniqué empowers feed and food producers with the most innovative animal performance solutions, enabling our clients to consistently advance the efficiency of production.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *