Verhoogde spoorelementstatus bied voordele vir verskalwers

Veeplaas-Feb-2011

“Wanneer ons gesondheidsprobleme en respiratoriese siektes van verskalwers  minimaliseer, verlaag dit mortaliteit en morbiditeit voor eerste kalwing”

Suiwelverskalwers sal eers ná hulle eerste kalwing vir die melkboer begin inkomste genereer. Daarom geniet die bestuur en voeding van hierdie kalwers gewoonlik laer prioriteit as dié van lakterende koeie.

Wanneer ons gesondheidsprobleme en respiratoriese siektes van verskalwers minimaliseer, verlaag dit mortaliteit en morbiditeit voor eerste kalwing. Terselfdertyd verlaag dit die ouderdom van eerste kalwing en verhoog dit die waarskynlikheid dat vervangingsverse deel van die melkkudde sal word. Minder klou- en hoefprobleme in verskalwers is ook al geassosieer met verhoogde melkproduksie tydens eerste laktasie. ʼn Verbetering in die gesondheid en prestasie van verskalwers, het ʼn positiewe uitwerking op die winsgewendheid van die melkboer.

Spoorelementvlakke

Die meeste kalwers word gebore met redelike spoorelementvlakke afkomstig van die koei. Die risikotydperk vir spoorelementtekorte begin eers rondom die ouderdom van twee tot drie maande. In hierdie tydperk ondergaan kalwers vinnige groei en indien hulle slegs volmelk inneem, kan hulle spoorelementstatus uitgeput raak (volmelk is nie ʼn goeie bron van spoorelemente nie).

Daarbenewens is kalwers wat aan diarree, stresverwante en respiratoriese siektes blootgestel is, geneig om onvoldoende of veranderde spoorelement-absorpsie te toon. Dit kan weer lei tot ‘n mineraalwanbalans. Hierdie vereistes moet voor spening behandel word, om voldoende groeitempo en immuunfunksie later in die produksiesiklus te verseker.

Vul aan met Availa 4®

Spoorelemente speel ʼn kritiese rol in kalfimmuniteit, soos aangedui met die gebruik van Availa 4®, ʼn kombinasie van aminosuurkomplekse van sink, mangaan, koper en kobalt (kobaltglukoheptonaat). Wanneer die voeding van kalwers wat onder stres verkeer, aangevul word met Availa 4® pleks van standaard anorganiese spoorelementbronne, lei dit tot verhoogde immuunfunksie, soos aangedui met ʼn hoër teenliggaamtiterrespons teen IBRV-enting.

Om egter ’n optimale immuunrespons deur middel van enting of natuurlike uitdagings te verkry, sal dit voordelig wees om die voedingsprogram van kalwers en verse met spoorelemente aan te vul voor enting of blootstelling aan ander uitdagings. Navorsers het bevind dat indien die voeding van die koei- en kalfpaar met Availa 4® aangevul word, om die spoorelementstatus te verhoog, die siektevoorkoms in voerkrale verlaag word.

Gesonder vervangingsverse

ʼn Verhoging in die spoorelementstatus van verskalwers deur die kombinasie van spoorelemente in Availa 4® aan te vul, kan melkprodusente help om gesonder vervangingsverse groot te maak. Dit sal ook help dat voer meer doeltreffend na vleis omgeskakel word en dat minder hoefprobleme voorkom. Al hierdie faktore lei tot verhoogde eerstelaktasieproduksie. Aanvulling met Availa 4® in suiwelverskalwers het homself bewys as ʼn uiters kostedoeltreffende voedingspraktyk.

Zinpro en Chemuniqué is daartoe verbind om die suksesvolle prestasie van suiwelverskalwers te verhoog deur middel van goeie gehalte spoorelement-aanvullings.

Vir meer inligting, gesels met jou voedingkundige of tegniese voerverkoopsagent oor die insluiting van Zinpro Performance Minerals in die voerplanne van jou kalwers en vervangingsverse.

(Download Advertorial)

All posts

Chemuniqué empowers feed and food producers with the most innovative animal performance solutions, enabling our clients to consistently advance the efficiency of production.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *