Sit die beste voet voor in 2013

Veeplaas-Dec-2012

“Selfs al is daar verskillende stelsels of produksiesisteme binne een suiwelbesigheid, kan FirstStepTM gebruik word vir elke situasie en enige suiwelstelsel, hetsy dit weidings of volvoer is”

Mankheid (of kreupelheid) was nog altyd ‘n betekenisvolle probleem in ons kommersiële suiwelproduksiestelsels. Mankheid affekteer produktiwiteit en winsgewendheid. Tot dusver was daar nie ‘n objektiewe stelsel wat al die faktore wat tot mankheid bydra, aanspreek nie. Met die FirstStepTM mankheidsondersoek- en voorkomingsprogram, verander die prentjie egter heeltemal. Die program is ontwikkel in samewerking met die Universiteit van Wisconsin se laminitis-kenner, dr Nigel Cook, en die Zinpro-korporasie. FirstStepTM voorsien die suiwelbedryf met die heel eerste omvattende assesseringstelsel vir mankheid.

Só werk dit

Data word uit nagenoeg twintig verskillende ondersoekmodelle ingesamel. Die program gebruik dan die data om die faktore wat bydra tot ’n toename in gevalle van mankheid, te identifiseer. FirstStepTM beskik ook oor ‘n volledige hulpbronbiblioteek vir suiwelproduksiestelsels. Die biblioteek sluit videos, artikels en dies meer in en help plaaspersoneel om meer te leer oor mankheid, sy oorsake en uitwerking, asook moontlike behandelingsopsies. Selfs al is daar verskillende stelsels of produksiesisteme binne een suiwelbesigheid, kan FirstStepTM gebruik word vir elke situasie en enige suiwelstelsel, hetsy dit weidings of volvoer is. Die voorkoming van mankheid begin met ‘n ondersoek na bydraende faktore. Die twintig ondersoekmodelle sluit die belangrike faktore waarmee mankheid geëvalueer kan word, in. Dit behels onder andere beweeglikheidstellings (“locomotion scoring”), hoefsorg, higiëne en voetbaddens, hoefletsel-identifisering, die omgewing, voeding en koeibestuur. Sodra die data op die program gelaai is, genereer FirstStepTM ‘n verslag waarin die aanbevelings vir moontlike behandeling en verligting van die mankheid vervat is. Die verslag is eenvoudig en maklik verstaanbaar, maar is nietemin omvattend.

Mankheid en produksie

Die invloed van mankheid op melkproduksie is in detail ondersoek in drie Amerikaanse en Britse studies. Warnick et al (2001) het bevind dat, twee weke nadat mankheid bepaal is, daaglikse melkproduksie met 0,7 kg/dag vir ligte gevalle tot 2,8 kg per dag vir ernstige gevalle geval het. Green et al (2002) en Archer et al (2010) het ook in ondersoeke getoon dat ’n mank koei tot 350 kg melk in een laktasie kan verloor. ‘n Konserwatiewe gemiddelde verlies van sowat 1,4 kg/dag kan deur mankheid meegebring word. Die verlies is nóg meer indien die mankheid in vroeë laktasie voorkom. Die verbeterde rekordhouding wat deur die stelsel meegebring word, bied ‘n beter begrip vir die dinamiek agter mankheid en help ons om beter te verstaan hoe mank koeie en die omgewing op mekaar inwerk. Die resultaat is ‘n meer winsgewende koei op die plaas.

’n Positiewe verskil

Die Zinpro-korporasie en Chemuniqué is daartoe verbind om ‘n positiewe verskil aan landbou te maak. ‘n Deel van hierdie proses is om waarde tot ons produkte toe te voeg. Verskeie navorsers en opgeleide personeel het uitgebreide ondervinding van die oorsake en uitwerking van mankheid op diereproduksie. Voortdurende samewerking met kundiges by universiteite om meer te wete te kom oor hoefgesondheid en mankheid in beeste, het gelei tot die ontwikkeling van opvoedkundige programme soos FirstStepTM. Die bedryf se verbintenis tot en beskikbaarstelling van inligting oor mankheid, is die eerste stap om te verseker dat diere wat vandag se voedsel- en veselbedryf voorsien, vorentoe ‘n positiewe belegging vir hulle produsente sal wees. Vir meer inligting, kontak Chemunique by tel 011 789 2414, e-pos nutri@chemunique.co.za of besoek ons webwerf by  www.chemunique.co.za
All posts

Chemuniqué empowers feed and food producers with the most innovative animal performance solutions, enabling our clients to consistently advance the efficiency of production.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *