Sukses in die voerkraal met Zinpro organiese minerale

VeeplaasApril2013

Die huidige ekonomiese klimaat noodsaak die voerkraalpodusent om rantsoene krities te evalueer en intensiewe aandag te skenk aan inkomende diere en hantering in die voerkraal. Zinpro organiese minerale in samewerking met Chemuniqué voorsien ’n reeks organiese spoorminerale wat verhoogde opbrengs verseker en algehele winsgewendheid verbeter.

Zinpro het twee uitstekende produkte vir gebruik in die voerkraal: Availa®4 vir insluiting in die aanvangsrantsoen en Availa®-Zn in die afrondingsrantsoen. Navorsing het getoon dat die gebruik van Availa®4 in aanvangsrantsoene (kombinasie van sink, mangaan, koper en kobalt) ’n verbeterde immuunreaksie en prestasie tot gevolg het in stresvolle omstandighede. Gedurende die afrondingsfase verseker die gebruik van Availa®-Zn ’n konstante, verbeterde voeromsetverhouding (VOV) en gewigstoename.

Availa®4 en Availa®-Zn

Die sukses van Availa®4 en Availa®-Zn is bewys in ’n groot proef by een van Amerika se grootste voerkrale, waar meer as 1 200 osse oor 154 dae afgerond is. Die kontrolegroep het spoorminerale van anorganiese oorsprong (sinksulfaat en kopersulfaat) ontvang, terwyl die behandelingsgroep addisionele Availa®4 teen 7g/dier/dag in die eerste sewe dae (aanvangsrantsoen) ontvang het en Availa®-Zn teen 3.6g/dier/dag in die afrondingsrantsoen. Vanaf dag sewe het beeste al om die ander dag 10% meer van die afrondingsrantsoen ontvang tot hulle teen dag 28 op die volledige afrondingsrantsoen was.

Die uiteinde was verbeterde VOV en gemiddelde daaglikse toename (GDT) (P < 0.05). Mortaliteite het afgeneem (P < 0.10), wat waarskynlik aan die verbeterde immuunreaksie te danke is. Die Zinpro-behandeling het ook die droëmateriaalinname (DMI) verhoog (P < 0.05). Die reaksie in DMI is te danke aan die verbeterde gesondheidstatus van die diere.

In studies deur Chirase et al., 1994, en Chirase & Greene, 2001, is bewys dat kalwers wat onder IBRV gebuk gaan vinniger herstel en ’n verhoogde voerinname het met Zinpro organiese minerale in die rantsoen, teenoor kalwers wat ’n rantsoen ontvang met net anorganiese minerale. Diere wat die voerkraal binnekom is onder groot druk van aanpassing en prosessering, en Availa®4 versterk die diere se immuniteitstelsel sodat hulle kan begin vreet en produseer.

(Download full article)

All posts

Chemuniqué empowers feed and food producers with the most innovative animal performance solutions, enabling our clients to consistently advance the efficiency of production.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *