Spoormineraalvoeding en vrugbaarheid by bulle

Bulle dra 50% by om ’n kalf te produseer, maar daar word dikwels meer klem geplaas op voeding van die teelkoei as die bul voor en tydens die dekseisoen. Heelwat faktore, waarvan voeding slegs een is, kan bulvrugbaarheid beïnvloed. Dit sluit in dekvermoë, libido, kondisietelling van die bul, sy fiksheidsvlak, of hy skoon is van geslagsiektes soos trichomonas en campylobacter, en ook of hy geïmmuniseer is teen knopvelsiekte, wat bulle steriel kan maak. Die aantal koeie wat by elke bul gesit word, moet ook in verhouding tot die bul se vermoë wees en by jong bulletjies effens minder. Die korrekte voeding, met spesifieke verwysing na spoormineraalvoeding, kan ’n bul se vrugbaarheid en prestasie maak of breek. ’n Sinktekort verlaag libido, beïnvloed testesomtrek, spermatogenese, volwassewording van die sperm, spermbeweeglikheid en vertraag die aanvang van puberteit. Produksie en sekresie van testosteroon en adrenale kortikosteroïde, asook hoefgesondheid en dus loop- en dekvermoë, word ook beïnvloed.

Belangrike spoorminerale

Mangaan word benut om cholesterol te produseer, wat ’n voorloper van testosteroon en ander hormone is, en is ook noodsaaklik vir normale kraakbeen- en beenontwikkeling. Koper is ’n medefaktor in ensiemstelsels en belangrik vir yster-metabolisme en die vervoer van suurstof in die bloed. Kobalt speel weer ’n belangrike rol in die vorming van vitamiene B12 in die rumen, waarsonder diere anemie opdoen, lae innames het en oor die algemeen swak presteer. Ongebalanseerde voeding met ’n tekort aan spoorminerale voor die aanvang van puberteit by bulle, vertraag geslagsontwikkeling en onderdruk spermatogenese. Zinpro se Availa-4® aminosuurkompleks bevat organiese bronne van sink, mangaan, koper en kobalt om vrugbaarheid by bulle met betrekking tot voeding te verseker. In ’n navorsingstudie by die Universiteit van Arkansas het Angusbulle vir 123 dae 7g Availa-4® per dag ontvang en die kontrolegroep slegs anorganiese spoorminerale. Semen is met behulp van ’n rekenaarprogram ontleed en spermbeweeglikheid het toegeneem vanaf 56% tot 67% (p < 0,02). Spermmorfologie het verbeter en ’n groter persentasie (50% teenoor 38%) van die beweegbare sperm het versnelde beweging getoon (p < 0,01). In ’n studie in Montana het 50 jong bulletjies (258 dae oud) vir 98 dae óf ’n kontrolerantsoen met slegs anorganiese mineraalbronne ontvang óf ’n rantsoen waar Availa-4® die organiese minerale verskaf het. Die bulle wat die Availa-4® minerale ontvang het, het teen dag 42 puberteit bereik terwyl die kontrolegroep eers teen dag 58 puberteit bereik het. Puberteit is bepaal as die stadium wanneer ejakulaat ten minste 50 x 106 spermatosoa bevat het met 10% beweeglikheid. Meer van die bulle op die Availa-4® behandeling (79% teenoor 47%) het teen dag 58 puberteit bereik in teen-stelling met die kontrolegroep. Deur bulle vir ten minste 60 tot 90 dae voor die dekseisoen en semenevaluasie 7g Availa-4® per dag te voer, sal die semengehalte verbeter en daarmee saam ook die konsepsiesyfers en kalfpersentasie (in ag genome dat die koeie ook die korrekte spoormineraalaanvullings ontvang het en in ’n goeie kondisie is). Navorsing-verwysings is op aanvraag beskikbaar. Kontak gerus u voermaatskappy of Chemuniqué direk vir meer inligting rakende Zinpro Organiese Minerale.

(Download full article)

All posts

Chemuniqué empowers feed and food producers with the most innovative animal performance solutions, enabling our clients to consistently advance the efficiency of production.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *