Spoormineraalvoeding en die beesprodusent

VeeplaasJulie2013
Spoorminerale is noodsaaklik vir die normale funksionering van feitlik alle biochemiese prosesse in die liggaam. Afhangende van die mineraalvlakke in die rantsoen kan mineraaltekorte klinies of sub-klinies van aard wees. Kliniese simptome is minder algemeen en duidelik sigbaar terwyl dit sub-kliniese mineraaltekorte is wat die beesprodusent kortwiek deurdat dit reproduksie en prestasie van die hele kudde beïnvloed. Spoorminerale is nie net van belang wanneer daar ’n probleem ontstaan nie, maar moet voortdurend aangevul word in die rantsoen sodat diere deurentyd die nodige mineraalvlakke tot hul beskikking het om maksimaal te produseer. Antagoniste in die rantsoen, weiding en water en verhoogde strestoestande (soos met kalwing en kalwers wat die voerkraal binnekom) verlaag die beskikbaarheid van spoorminerale vir produksie. Spoormineraal-produkte is nie almal eenders in terme van opneembaarheid en beskikbaarheid nie, en daarom gebruik Zinpro die 5R-stelsel om aan die produsent gemoedsrus te gee wanneer op die regte aanvulling besluit word: Response, Repeatabillity, Reassurance, Research en Return on investment. Alle Zinpro-mineraalaanvullings is goed nagevors (gerugsteun deur wetenskaplike studies) en verseker die boer van ’n respons in die dier wat herhaalbaar is en verhoogde opbrengs tot gevolg het. Verskeie spoormineraalbronne is beskikbaar vir dierevoeding in beide organiese (oksied, sulfaat, chloried) en anorganiese vorm (chelates, propionaat, komplekse, polisakkeriede ens.), maar almal is nie ewe beskikbaar en doeltreffend in die dier nie. Zinpro-minerale het sy verhoogde opneembaarheid te danke aan die feit dat dit bestaan uit een mineraal wat aan ’n enkele aminosuur gebind is. Die 1:1-verbinding verseker verhoogde absorpsie en beskikbaarheid vir die dier deurdat dit ook stabiel in die rumen is. Spoorminerale is noodsaaklik vir die normale funksionering van feitlik alle biochemiese prosesse in die liggaam. Afhangende van die mineraalvlakke in die rantsoen kan mineraaltekorte klinies of sub-klinies van aard wees. Kliniese simptome is minder algemeen en duidelik sigbaar terwyl dit sub-kliniese mineraaltekorte is wat die beesprodusent kortwiek deurdat dit reproduksie en prestasie van die hele kudde beïnvloed. Spoorminerale is nie net van belang wanneer daar ’n probleem ontstaan nie, maar moet voortdurend aangevul word in die rantsoen sodat diere deurentyd die nodige mineraalvlakke tot hul beskikking het om maksimaal te produseer. Antagoniste in die rantsoen, weiding en water en verhoogde strestoestande (soos met kalwing en kalwers wat die voerkraal binnekom) verlaag die beskikbaarheid van spoorminerale vir produksie. Spoormineraal-produkte is nie almal eenders in terme van opneembaarheid en beskikbaarheid nie, en daarom gebruik Zinpro die 5R-stelsel om aan die produsent gemoedsrus te gee wanneer op die regte aanvulling besluit word: Response, Repeatabillity, Reassurance, Research en Return on investment. Alle Zinpro-mineraalaanvullings is goed nagevors (gerugsteun deur wetenskaplike studies) en verseker die boer van ’n respons in die dier wat herhaalbaar is en verhoogde opbrengs tot gevolg het. Verskeie spoormineraalbronne is beskikbaar vir dierevoeding in beide organiese (oksied, sulfaat, chloried) en anorganiese vorm (chelates, propionaat, komplekse, polisakkeriede ens.), maar almal is nie ewe beskikbaar en doeltreffend in die dier nie. Zinpro-minerale het sy verhoogde opneembaarheid te danke aan die feit dat dit bestaan uit een mineraal wat aan ’n enkele aminosuur gebind is. Die 1:1-verbinding verseker verhoogde absorpsie en beskikbaarheid vir die dier deurdat dit ook stabiel in die rumen is.

Vetmesting

Tydens die aanvangsperiode in die voerkraal is kalwers aan heelwat stres onderwerp (hulle word lang ente vervoer en gaan gebuk onder speenskok en hantering). Stres verhoog kortisolvlakke, wat veroorsaak dat glukose in die bloed opbou omdat die weefsel insulien-weerstandig word (glukose word gespaar vir die brein). Kalwers ontwikkel dan beide ’n energie- en chroomtekort omdat oortollige chroom in die urine uitgeskei word. Chroom-aanvulling in die aanvangsperiode met MiCroplex Cr-L-Methionine® teen 3mg/dier/d bevorder glukose-opname en verlaag kortisolvlakke. Availa-4® (organiese sink, koper, mangaan en kobalt) word saam met die chroom aangevul teen 7g/dier/d vir die eerste 21 tot 28 dae in die voerkraal. Gemiddelde daaglikse toename het met 0,11kg verbeter (P = 0,04) en morbiditeit (in terme van tweede behandelings) het afgeneem (P = 0,09) in ’n studie met Availa-4® aanvulling.

(Download full article)

All posts

Chemuniqué empowers feed and food producers with the most innovative animal performance solutions, enabling our clients to consistently advance the efficiency of production.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *