Laat organiese spoorelemente jou kuddeprestasie verbeter

Veeplaas-May-12

In die Maart 2012-uitgawe van Veeplaas het ons gesels oor die prestasiebonus en hoe organiese spoorelemente se eienskappe help om hulle doeltreffend te identifiseer ten einde by die einddoel, naamlik ’n prestasiebonus, uit te kom. Alhoewel die chemiese eienskappe van ’n doeltreffende spoorelement belangrik is, moet jou koopkrag en uiteindelike keuse van watter organiese spoorelement gebruik gaan word, slegs op diereprestasie gebaseer wees.

Die vraag is nou – watter tipe geleenthede en doelwitte in terme van diereprestasie kan ons verwag van organiese spoorelemente?

Balans en Zinpro

Zinpro Performance Minerals® voorsien die belangrikste organiese spoorelemente, sink, koper, mangaan en kobalt, aan die dier. ’n Goeie gebalanseerde voedingsprogram met die essensiële spoorelemente sal koeie en ooie help voorberei vir en herstel van produksiestres gedurende dragtigheid, die kalf-/lamproses asook laktasie. Dit bied ook aan kalwers/lammers ’n goeie begin na geboorte en help hulle om vinnig te ontwikkel en ’n beter bemarkbare gewig te bereik. Alle diere wat aanvullings met organiese spoorelemente ontvang, reageer beter teen die uitdagings van siekte en stres.

Availa®4 van Zinpro Performance Minerals® verskaf hierdie vier essensiële spoorelemente in die vorm van ’n metaal-aminosuurkompleks.

’n Kritiese tyd vir organiese spoorelement-aanvulling in koeie en ooie is 40-60 dae voor kalwing/lam tot 60 dae na kalwing/lam. Hierdie tydperk stem ooreen met die laaste trimester van dragtigheid, kalwing/lam, piek-laktasie asook die teelseisoen.

Zinpro Performance Minerals® se prestasie vind in die volgende areas sy neerslag:

  • Langslewendheid in die kudde.
  • Korter kalf-/lam-intervalle.
  • Meer kilogram kalwers/lammers gespeen per koei/ooi.
  • Gesonder diere met minder siektebehandeling en ’n beter produk vir die verbruiker.

Om as ’n prestasie-spoormineraal geklassifiseer te word, moet die produk in bepaalde essensiële bestuursmaatstawwe voorsien: meetbare winsgewende prestasie, ’n positiewe respons in die dier, herhaalbare resultate, navorsing en produkkwaliteit. Verbeterde diereprestasie begin met Availa®4.

Figuur 1: Die effek van spoorminerale op diereprestasie

Dieeffekvanspoomineraleopdiereprestasie

Zinpro en Chemuniqué is verbind tot suksesvolle verbeterde prestasie in jou beeste en skape, deur die aanbieding van goeie gehalte spoormineraal-aanvulling. Dit sal jou doelwit van ’n prestasiebonus moontlik maak. Praat gerus met jou voedingkundige of voer-agent oor Zinpro Performance Minerals®.

(Download Advertorial)

All posts

Chemuniqué empowers feed and food producers with the most innovative animal performance solutions, enabling our clients to consistently advance the efficiency of production.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *