Die reproduksieprestasiebonus

Veeplaas-Sep-12

In die Mei-uitgawe van Veeplaas het ons gesels oor die tipe geleenthede en doelwitte wat ons van organiese spoorelemente kan verwag met betrekking tot diereprestasie. ’n Paar voorbeelde was:

  • Langslewendheid in die kudde.
  • Korter kalf-/lamintervalle.
  • Meer kilogram kalwers/lammers gespeen per koei/ooi.
  • Gesonder diere met minder siektebehandelings en ’n beter produk vir die verbruiker.

Die einde van die jaar is amper weer op ons en dit is weer teelseisoen – voorbereiding vir vrugbare diere is nou belangrik.

Mineraalaanvulling

Mineraalaanvulling is ’n belangrike oorweging vir bees- en skaapprodusente wat weidende diere bestuur. Daar bestaan basies twee spoormineraalaanvullingsopsies waaruit produsente moet kies: standaard  anorganiese minerale of Zinpro Performance Minerals™.

Zinpro Performance Minerals word geproduseer deur ’n gepatenteerde proses en voldoen aan vyf spesifieke noodsaaklike maatstawwe in terme van navorsing: diererespons, herhaalbaarheid, opbrengs op belegging en gemoedsrus.

Navorsing het getoon dat spoorelemente meer beskikbaar is in ’n aminosuurkompleksvorm en beter deur die dier se liggaam behou word as standaard anorganiese bronne. Die verhoogde beskikbaarheid van spoorelemente voor konsepsie/swangerskap/geboorte, sal ’n positiewe effek hê op reproduktiewe prestasie na kalf/lam.

In ’n proef onder leiding van dr John Arthington van die Universiteit van Florida in die VSA, het die navorsers gepoog om die reproduksieprestasie- en mineraalstatus in weidende Braford-koeie wat Availa®4 of standaard anorganiese spoorminerale ontvang het, te meet. In jaar een en drie het jong koeie (ouderdom drie tot vier jaar) in die Availa 4-groep korter interkalfperiodes getoon teenoor die jong koeie op standaard anorganiese spoorminerale. In jaar twee van die proef het die Availa®4 jongkoeigroep ’n hoër dragtigheidspersentasie getoon (Figuur 1).

Insluiting van Availa®4 bo-op standaard anorganiese minerale het gevolglik beter reproduksie prestasie in jong vleisbeeskoeie.

Spoorminerale vir skape

In skape is die spoormineraalstatus van ooie baie belangrik. Die ontwikkeling van die fetus asook die prestasie van die lam na geboorte, sal deur die ooi se spoormineraalstatus in laatdragtigheid geaffekteer word. Daarom is dit weereens belangrik om goeie spoormineraalaanvulling te doen gedurende laat dragtigheid en tot en met speen.

In die proef het ooie Zinpro Performance Minerals se sink aminosuurkompleksaanvulling vanaf 30 dae voor lam tot 42 dae na lam ontvang. Resultate in die lammers het getoon dat gemiddelde daaglikse groei hoër was (P < 0.03; 28-, 42- en 59-dae ouderdom) (Figuur 2). Hierdie resultate toon dat sink aminosuurkompleks-aanvulling in laatdragtige ooi wel die groei van lammers kan verhoog.

Gerugsteun deur uitgebreide navorsing, het Availa®4 homself bewys as ’n produk met ’n positiewe effek op vrugbaarheid, tesame met ’n goeie opbrengs op jou belegging. Zinpro en Chemuniqué is verbind tot hoër reproduksiesukses in jou beeste en skape, deur die verskaffing van goeie kwaliteit organiese spoormineraalaanvullings. Dit sal aanleiding gee tot die einddoel van prestasiebonus. Praat gerus met jou voedingkundige of voerverkoopsagent oor Zinpro Performance Minerals®.

Figuur 1: Dragtigheidspersentasie van jongkoeie in proef
Figuur 2: Effek van Zinpro-aanvulling vir ooie op lammers
Dragtigheidspersentasie Zinpro-aanvulling
All posts

Chemuniqué empowers feed and food producers with the most innovative animal performance solutions, enabling our clients to consistently advance the efficiency of production.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *