Beeste vertel nie leuens omtrent spoormineraalprestasie nie

VeeplaasApr14

Vandag se beesprodusent en voedingkundige het ‘n wye verskeidenheid mineraalaanvullings om uit te kies. Hoe onderskei mens dan die kaf van die koring en waar word watter aanvullings gebruik? Die antwoord is eenvoudig: Konsulteer met jou beeste, want diereprestasie is die enigste onfeilbare maatstaf van spoormineraal-prestasie.

Die Zinpro-bul gee: In ‘n studie op vleisrasbulle by die Universiteit van Arkansas (Rowe et al, 2014), is die uitwerking van spoormineraal-aanvulling op semengehalte oor ‘n tydperk van 123 dae gemeet met behulp van rekenaar-gebaseerde spermontledings. Beeste het drie keer per week ‘n lek ontvang met spoorminerale in ‘n anorganiese vorm of ‘n mengsel van organiese en anorganiese minerale. Die organiese spoormineraal-aanvulling was Zinpro Availa-4®, gevoer teen 7g per kop. In ‘n ander studie deur Alexander et al in 2003, het bulle vir 98 dae Availa-4® of spoorminerale in ‘n anorganiese vorm ontvang.

Konstante spoormineraal-aanvulling deur byvoorbeeld lekke is noodsaaklik om reproduksie, melkproduksie en dus kalf¬prestasie te handhaaf. Aanvulling met Avai¬la-4® word sterk aanbeveel vir kommersiële en stoetboere by alle teeldiere, want die reproduksievermoë van die kudde bepaal tot ‘n groot mate die winsgewendheid van die produksie-eenheid.

(Download Article)

 

All posts

Chemuniqué empowers feed and food producers with the most innovative animal performance solutions, enabling our clients to consistently advance the efficiency of production.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *