Elitox®: Span die immuunstelsel in om mikotoksiene te beveg

Die bestuur van mikotoksiene in voer bly vir sowel vervaardigers as boere ’n groot uitdaging. Simptome wissel van subkliniese produksieverliese tot verlaagde reproduksie en akute mortaliteit. Die oorsaak van hierdie kliniese en subkliniese simptome is die ontwrigtende uitwerking van mikotoksiene, wat aanleiding gee tot ’n gewysigde immuunrespons wat voortdurend energie van groei en reproduksie wegdreineer.

Wat is mikotoksiene?

Mikotoksiene is sekondêre fungusmetaboliete. Hulle is alomteenwoordig in voere en is regoor die wêreld ’n groot probleem. Skimmel- of swamgroei, en derhalwe mikotoksienproduksie, word deur etlike omgewingsfaktore bepaal, wat weer ’n uitwerking het op die samestelling van die mikotoksiene in dierevoer. Een ding is seker: mikotoksiene kom nooit alleen voor nie. Trouens, daar is reeds meer as 400 verskillende mikotoksiene geïdentifiseer. Wanneer diere gekontamineerde voer inneem, affekteer die toksiene die sentrale senustelsel, lewer, niere, immuunstelsel en/of produksieprosesse, met gevolglike produksieverliese.

Die uitwerking van mikotoksiene

Van die 400 mikotoksiene wat tot op datum geïdentifiseer is, word searalenoon, okratoksien, fumonisiene en deoksinivalenol (vomitoksien) die algemeenste gerapporteer as skadelik in voer. Hoewel elkeen ’n spesifieke aksiemeganisme het, het hulle een ding gemeen: almal onderdruk die immuunstelsel. Dit beteken dat die dier se immuunrespons gewysig word sodat ’n optimale immuunrespons nie meer moontlik is nie. Meer energie word nou aan die immuunstelsel toegewys, sodat minder energie en voedingstowwe beskikbaar is vir groei en reproduksie.

Hoe kan diere teen mikotoksikose beskerm word?

Weens die groot verskeidenheid toksiene en hul sinergistiese toksisiteit by uiters lae insluiting, bly gehaltebeheer van dierevoer ’n moeilike taak. Dit maak nie saak hoe goed die gehaltebeheerstelsel by die voermeul is nie, kontaminasie is steeds moontlik – en selfs waarskynlik. Bymiddels by voer is ’n uitstekende versekeringsbeleid, maar slegs indien dit doeltreffend en betroubaar is.

Onlangse in vivo-navorsing deur Impextraco®, waarin gebruik gemaak is van vloei-sitometrie om die aantal sirkulerende immuunselle te kwantifiseer, het duidelik gedemonstreer dat Elitox® die dier se immuunstelsel ondersteun wanneer dit deur mikotoksiene uitgedaag word. Die uitwerking van verskeie mikotoksiene op die immuunstelsel, en die doeltreffendheid van Elitox® in die ondersteuning en regulering van die voortspruitende immuunrespons, is in detail bestudeer. Die doeltreffendheid van Elitox® is in die praktyk bewys deur die verbetering van produksie-aanwysers selfs wanneer mikotoksiene teen onwaarneembare vlakke teenwoordig is. In moderne produksiestelsels, waar voerbestanddele soms van verskillende uithoeke van die wêreld afkomstig is, is die bedreiging van ko-kontaminasie en gevolglike toksikologiese sinergieë voortdurend aan die toeneem. Dus kan selfs lae konsentrasies van enkel-mikotoksiene wat in dieselfde voer voorkom, mikotoksikose veroorsaak.

Die meeste mikotoksien-adsorpsiemiddels bind slegs toksiene met ’n sekere pH-omvang in die maag en stel die toksiene vry namate die pH in die dunderm toeneem. Die ontwikkeling van antimikotoksienprodukte verg in vivo-navorsing om in vitro-waarnemings te bevestig. Afgesien van vennootskappe met ’n aantal universiteite, bestuur Impextraco® ook hul eie navorsingsfasiliteite en het gevalideerde dieremodelle. Die jongste wetenskaplike tegnieke, soos die gebruik van biomerkers, word in al ons in vivo-proewe gebruik.

Die kombinasie van in vitro- en in vivo- navorsingstrategieë het gekulmineer in die unieke formulering van die effektiewe bestanddele in Elitox®, die betroubaarste versekering teen mikotoksiene met bewese doeltreffendheid in die veld.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *