#YesMrPresident

YesMrPresident

Die Chemuniqué-span, wat by ‘n inisiatief van SAPork aangesluit het, toon ons volle steun aan president Cyril Ramaphosa gedurende hierdie uitdagende tye. Die #YesMrPresident-veldtog is daarop gemik om ondersteuning aan ons leiers en ons land te betoon deur te wys dat ons op die regte manier ons rol speel. “Ons glo dat ons leiers elke dag voor meer en meer uitdagings te staan kom om die bevolking van Suid-Afrika deur hierdie pandemie te stuur,” sê Johann Kotzé, hoof- uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie (SAPPO). “Soos ons almal weet, speel die landboubedryf ‘n belangrike rol om te verseker dat die voedselvoorsieningsketting van plaas tot bord voortgaan en dat ons nasie steeds toegang tot voedsel het. Hierdie proses hou ekstra risiko’s in, aangesien dit deel vorm van die noodsaaklike dienste en vereis dat mense reis en saam werk, selfs op ‘n afstand. Met verhoogde risiko’s is strenger beheer en maatreëls nodig, en ons moet wys dat ons al die regte dinge doen.”

Beste meneer die President

As ‘n Suid-Afrikaner in murg en been, wil ek my opregte dank en waardering betoon vir die fantastiese leierskap wat u getoon het om ons land en sy mense te lei deur wat waarskynlik beskryf sal word as een van die uitdagendste tydperke in die moderne geskiedenis.

As ‘n belangrike bydraer tot die uitgebreide voedselvoorsieningsketting van die land, is ek trots om agter u te kan staan en sê #YesMrPresident! Die Chemuniqué-span staan by u en u kan op ons staatmaak om alles in ons vermoë te doen om ons rol te speel om die voedselvoorsieningsketting van ons land ongeskonde te hou.

Hierdie tyd sal in die komende jare getel word as ‘n “trots Suid-Afrikaanse oomblik” en ek is trots om ons klein spannetjie in hierdie tyd te kan lei om u en ons land te ondersteun.

Ons sien ook uit na die tyd ná hierdie krisis, waar ons sal saamstaan wanneer ons ons pragtige land herbou om sy regmatige plek onder die nasies van die wêreld terug te win.”

Terry Wiggill, besturende direkteur van Chemuniqué

Chemuniqué is trots op ons toewyding om ons rol te speel in die vervaardiging van voer vir voedsel vir die toekoms. Ons glo dat ons besigheid ‘n belangrike rat is om te verseker dat voer- en voedselprodusente kan voortgaan om gehalte-landbouprodukte te lewer. Daarom is dit ons prioriteit om voort te gaan om die bedryf te dien binne die nuwe riglyne.

Besoek ons op LinkedIn om ons span in aksie te sien. Ons sien ook uit daarna om jul eie #YesMrPresident-oomblikke te sien!

All posts

Robyn Joubert is the marketing manager at Chemuniqué, contact Robyn at 074 252 3333 / robyn@chemunique.co.za.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *